Books

BOOKS BY DR PIETER VAN JAARSVELD

Dr Pieter van Jaarsveld has written various books on developing the self by means of EI and improving interpersonal skills and relationships. He is the CBSA award-winning and bestselling author of Heart of a Winner: Developing your Emotional Intelligence. In his latest book, ‘n Gelukkige Kind, Dr van Jaarsveld guides you through well-grounded research to understand your child’s brain and uses exercises and games to illustrate how you can teach your child to become a happy, balanced and flourishing adult.

The following books are available at various bookshops or online suppliers.

'n Gelukkige kind: Bemagtig jou kind om positief te dink

by Dr Pieter van Jaarsveld

Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie!
Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ‘n kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.
Dr Pieter van Jaarsveld begelei jou deur goed-begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Dié boek wys dat dit wel moontlik is om duidelike grense te stel terwyl jy jou kinders met liefde, respek en koestering grootmaak.

Dink jouself gelukkig: Verander jou denke, verander jou lewe

by Dr Pieter van Jaarsveld

Jy kán floreer!
God se opdrag aan ons is om gelukkig te wees. Ons is geskape na die beeld van God en bedoel om ‘n oorvloedige lewe te lei. Gelowiges mag nie lamlendige, negatiewe wesens wees nie. Navorsing bewys 50% van jou geluk word bepaal deur jou gene en 10% deur jou omstandighede. Die oorblywende 40% is binne jou eie beheer. In hierdie praktiese gids help internasionaal-erkende spreker Dr Pieter van Jaarsveld jou om die 40% optimaal te benut.
Die boek:
  • Ontbloot ondermynende mites oor geluk.
  • Verduidelik dat vreugde vir alle gelowiges beskore is.
  • Wys hoe jy jou brein kan herbedraad.
  • Inspireer jou tot ‘n positiewe ingesteldheid en;
  • Deel die nuutste navorsing en tegnieke in emosionele intelligensie en positiewe sielkunde.
Begin vandag jou reis na ‘n lewe van vervulling en geluk!

Think your way to happiness: Change your thinking, change your life

by Dr Pieter van Jaarsveld

You can be happy!
Research shows that 50% of your happiness is determined by your genes, and 10% by your circumstances. That means that 40% is in your own hands: You can choose to be happy. In Think Your Way to Happiness, internationally renowned author and motivational speaker Dr Pieter van Jaarsveld shows you how.
Turn your life around and embrace happiness with this inspirational book, which: Uncovers myths about happiness.
  • Uncovers myths about happiness.
  • Explains how happiness is possible for everyone.
  • Takes you on a journey to rewire your brain.
  • Shares the most recent research and techniques for you to achieve a happy life.
Start your journey towards happiness today!

Die hart van 'n wenner: Ontwikkel jou emosionele intelligensie

by Dr Pieter van Jaarsveld

Jy kan nie jou IK verander nie – wel jou EI (emosionele intelligensie). Elkeen van ons kán voluit leef as ‘n wenner.
Sukses en prestasie berus nie, soos vroeër gedink, op die onveranderbare, vaste beperkinge en grense van ons IK of kognitiewe vermoëns nie. As ons leer om ons emosionele reaksies te verstaan en te bemeester, kán elkeen van ons ons Godgegewe potensiaal verwesenlik en suksesvol lewe.
In dié heruitgawe van Die Hart van ‘n Wenner fokus Dr Pieter van Jaarsveld op die kernkwessies van persoonlike sukses: emosionele welsyn.
Emosionele welsyn is belangrik vir:
  • ‘n Suksesvolle huwelik
  • Goeie verhoudings
  • Selfdissipline
  • Gesondheid
  • Sosiale gewildheid
  • Sukses in die werkplek
Meer nog wys dit jou hoe om aan God se doel vir jou te beantwoord: om ‘n doeltreffende ambassadeur en beelddraer van Christus te word wat voluit lewe tot eer van God.

The heart of a winner: Developing your emotional intelligence

by Dr Pieter van Jaarsveld

Why is it that, although they do their best to rely on God, the lives of so many Christians are to all intents and purposes a mess?
Pieter van Jaarsveld takes hold of the real issue at the heart of personal success: our emotional well-being. The Heart of a Winner shows us exactly how to become what God has already created us to be – effective ambassadors for Christ who live life to the fullest.
Since Daniel Goleman published the first book on El (emotional intelligence) in 1995, the emphasis has moved away from IQ assessment being the yardstick for success, to that of achievable emotional competency. This paradigm shift in the thinking of psychologists, educationalists and others worldwide, has brought new hope to the everyday man, woman and child. No longer does our desire for future accomplishment and success in life appear to rest on the fixed limitations of our cognitive abilities. Life becomes open-ended as we learn how to gain self-mastery over our emotional responses and develop our unique God-given potential.
The Heart of a Winner is:
  • The first title ever on emotional intelligence written for the Christian world.
  • South African written for the South African context.
  • A reader-friendly, self-help workbook loaded with fascinating personal anecdotes, quotes, self-help tests, and diagrams.
  • A must-read for every leader, business person, parent, child worker and individual interested in effective personal development.
PART I deals with EI skills for adults and PART II with how to develop the EI skills of children. Complete with chapter notes, suggested responses to self-help tests, and bibliography.

Gee jou kind selfvertroue

by Dr Pieter van Jaarsveld

Sommige mense is meer suksesvol as ander – hulle presteer beter op skool, in die beroepswêreld en ook in hul verhoudingslewe. Waarom?
Geleerdes stem saam dat prestasie herlei kan word tot ‘n positiewe selfbeeld en selfvertroue. Hulle meen ook dat ouers die grootste rol speel in die ontwikkeling van ‘n positiewe selfbeeld by hul kinders. Maar talle hedendaagse ouers het groot geword in ‘n tyd toe kinders se selfbeeld met skewe opvattings afgebreek is of geleentheid vir opleiding in ouerskap ontbreek het. In deel 1 van Gee jou kind selfvertroue word ouers aan die hand van alle interessante werkopdragte geleer hoe om hul eie selfbeeld te verbeter of te verander. Deel 2 verskaf duidelik riglyne oor hoe ouers hul kinders se selfbeeld kan bevorder en hulle meer selfvertroue kan gee. Gee jou kind selfvertroue bevat onontbeerlike raad en leiding vir ouers wat besorg is oor hul kinders se houding, gedrag en vermoë om hul plek in die samelewing vol te staan.